Gaan Islam wen ?

Gooi wal in Brussel sê n politikus. Binne twintig jaar regeer Islam.

Maakie sakie sê die slapste gatte onner die linkses.

Die pendulum swaai al eeue lank, sê die gelatenes. Uiteindelik sal hy weer terugswaai.

Die slimmes sê n mier moenie n stoomroller probeer stuit nie. Roemloos is jou heengaan mier. Gee liewer pad.Onthou n stoomroller se petrol raak op.Ja en met lente, vlieg duisende mierkoninginne.

(Todat daar te veel miere is en te min gras.)

Nee, sê die benoudes. As genoeg miere hulle voor die stoomroller werp, is daar n pappery wat sy wiel laat gly.Ons kan wen. Mieredom roep.

En dan, as alles verby is , blaas iemand n treurige trompet. Helde word vereer. Monumente opgerig.

Totdat die lewe te saai word. n Mier politikus waarsku dat die bleddie slakke nie meer hul plek ken nie.

Sierade.

Elke volk het sy uitstygers, sy merkwaardiges. Heelparty hier op die blogs. Tina, Zeppie, Dirkie, Perdebytjie, Vega, Maryke, Modderkoekie . Noem maar op.

Afrikaner uitstygers ? Matfield, AB de Villiers, Faf du Plessis, Leon Schusster, Steve Hofmeyer, Laurika Rauch, Leon Starker.

Groot Suid Afrikaners. Desmond Tutu, Beyers Naude, Andre P. Brink, Max du Preez, Piet Croucamp (letterlik) , Helen Zille, Marianne Thamm, Pravin Gordhan, David Kramer, Antjie Krog, Albie van Schalkwyk, Marlene van Niekerk.

Elkeen het sy eie lysie van mense wat ons lewens verryk. Hoe lyk joune ?

n Vrot Siel.

Wie se siel is vrot en waarom.

My ouma het swaar gekry. Daarom het sy oorskiet brood eers laat muf  voordat sy dit traag vir die swart familie op die plot kon gee .

Onlangs breek my elektriese ketel.  Iemand met baie vernuf en Pratley kan dit dalk herstel. Ek gaan dit vir so n iemand gee.   Sonder om eers die plug ( huls ?) af te sny .

Soos ek ouer word raak my siel  minder vrot. ( Selfs my ouma is saliger met n skaflike siel.)

Geblus

Oom Brug en oom Cor speel skaak in Huis Herfsblaar.  Lekker sit hulle in n sonhoekie. Die enigste mans tussen n duisternis dames.

Sus Glenda (Kemp) wil sien of daar nog enigsins n vuurtjie by die twee here brand. Sy stroop haar klere af en ringkink al om die ooms. Geen reaksie.

n Halfuur later vra oom Brug. ” Cor, het ek my verbeel of was daar n vrou hier rond ”

“Nee , ek dink jy’s reg. So n luie. Het nie haar rok gestryk nie.”

Sardiens

Hoe lyk dit met n paar voorstelle ?

Sardiens-in-n blik is gesond. (glo ook Omega 3)

In tamatiesous. (so effentjies)

Nogtans onaptytlik. Daarom wag vier blikke al vir maande onoopgemaak.

Is dit moontlik om n warm, olierige iets met Sardiens te maak. Vir een persoon.

Trooskos, vir,  koue , ree”nerige Kaapse naweek.

Huurder.

Ek verhuur nou al tien jaar lank. Onlangs aan een wat die presies pas.

Dog ek.

Old Mutual het die ou ge head hunt in Kenia. Hy is so dertig jaar oud, enkellopend en n IT fundi.  Hy  het n hoë vaste inkomste, geen aanhangsels, geen diere . Net perfekte hy.

Ek maak die plek self skoon. Ontvries die yskas. Maak seker die wasmasjien se filter is skoon, dat die platskerm TV werk. Sien uit na n probleemlose twee jaar met n engel huurder.

Gevaartekens.

Hy koop sy eie  ketel en mikrogolf want hy is bang vir siek word .

Ek besef ek ken die man gladnie. Het ek hier met speurder Monk te doen ?

 

 

 

Max

Ek is n Max du Preez fan.

Hoekom ?

Wel, hy skryf goed en hy weet waarvan hy praat as dit by die ANC kom.

Vanoggend kla hy oor die anti-intellektuele rigting wat Zuma die ANC in stoot. Zuma hou nie van Kleva Blacks nie. Max meen die ANC was in sy 100 jarige bestaan juis deur intellektueles gelei.

Max vergeet dat die huidige ANC  regeer en kort kort n verkiesing moet wen.  Hy vergeet ook dat intellektueles neig om verlief te raak op hul eie gewaande wysheid en as ideoloe” baie skade kan aanrig . Pol Pot. Mbeki. Mugabe, Julius Nyerere, Fidel Castro.

(hou vas. Ons praat more weer)